Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende aanhitser kry borgtog

Ngizwe Mchunu, voormalige Ukhozi FM-radiopersoonlikheid, is Donderdag op borgtog van R2 000 vrygelaat nadat hy in die landdroshof in Randburg op aanklagte van aanhitsing tot geweld in die onlangse onluste verskyn het.

Mchunu word ook van ’n oortreding van die Wet op Rampbestuur aangekla.

Hy is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem nadat hy hom aan die polisie in Durban oorgegee het.

Ngizwe Mchunu, voormalige Ukhozi FM-radio-persoonlikheid, verskyn in die hof. Foto: Christopher Moagi

Mchunu het na bewering op 11 Julie op ’n nuuskonferensie in ’n hotel in Bryanston geweld aangehits. Dit was enkele dae nadat oudpres. Jacob Zuma vir minagting van die hof in hegtenis geneem en tronk toe gestuur is.

Die staat het in sy aansoek om borgtog aangevoer dat hy ’n vlugrisiko inhou omdat hy, volgens sy eie erkenning, glo daarin geslaag het om die polisie vyf keer te ontduik voordat hy homself oorgegee het.

Mchunu se regspan het sy beëdigde verklaring in die hof voorgelees, waarin hy sê dat hy sterk bande met die land het en nie sal vlug as hy op borgtog vrygelaat word nie.

Mchunu, ’n stoere ondersteuner van Zuma, het bygevoeg dat hy nie sy drie vroue en 12 kinders sal agterlaat om te vlug as hy op borgtog vrygelaat word nie.

Landdros Gayle Pretorius het gesê sy is oortuig daarvan dat hy sterk emosionele bande met Suid-Afrika het.

“Hy is nie die tipe persoon wat kan bekostig om net te verdwyn nie. Dit is ’n kombinasie van sy verantwoordelikheid teenoor sy vrou (sic) en kinders en sy lojaliteit teenoor Zuma om te sien of hy vrygelaat word,” het Pretorius gesê. News24

Meer oor:  Ngizwe Mchunu  |  Borgtog  |  Aanhitser  |  Onluste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.