Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Baasbrein' agter MTI finaal gesekwestreer

Die vermeende baasbrein agter die beleggingskema Mirror Trading International (MTI), wat beleggers na bewering uit byna R8 miljard geswendel het, is Dinsdag finaal gesekwestreer.

Johann Steynberg, vermeende baasbrein van Mirror Trading International (MTI), is Dinsdag gesekwestreer. Foto: Argief

Dit kom nadat Johann Steynberg van Polokwane, wat MTI in 2019 gestig het, spoorloos verdwyn het. Hy het na bewering die skema gebruik om geld deur Bitcoin te swendel.

Dié sekwestrasie-aansoek spruit uit die aanvanklike likwidasie-aansoek en een van die applikante in die sekwestrasiesaak het aan Netwerk24 gesê die aansoek is Dinsdag bekragtig.

Niemand het sedert Steynberg se verdwyning in Desember 2020 enige kontak met hom gehad nie.

Hy bevind hom glo in Brasilië, volgens sy vrou, wat in ’n ondervraging na die likwidasie getuig het.

MTI, wat meer as 280 000 skuldeisers van verskeie lande het, is op 6 Julie in die hooggeregshof in Kaapstad finaal gelikwideer.

Kenners meen dit kan een van die grootste piramidebedrogskandale met kriptogeld tot nog toe in die land wees.

Netwerk24 het vroeër berig Riaan van Rooyen, een van die likwidateurs, het gesê hulle het sowat R1 miljard teruggekry en nog R4 miljard opgespoor, maar nog nie teruggekry nie.

Tussen R6 miljard en R8 miljard het na bewering verdwyn.

Nadat ’n voorlopige likwidasie-aansoek toegestaan is, het die meester van die hooggeregshof in Januarie vyf likwidateurs aangewys om beheer oor MTI te neem.

Van Rooyen, Herman Bester, Jacolien Frieda Barnard, Christopher James Roos en Deidre Basson het beheer oor MTI. Hulle moet nou ondersoek instel na wat in die maatskappy gebeur het nadat tussen R6 miljard en R8 miljard verdwyn het. Hulle het die aansoek om sekwestrasie by die hof in Limpopo ingedien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.