Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende bendeleier nie in hof ná wagte positief toets

Van Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte tot Clanwilliam en Citrusdal aan die Weskus is vir Horatio “Voudie” Solomon, ’n vermeende leier van die Terrible Josters-bende, verbode.

Solomon is na bewering die leier van die bende in Elsiesrivier, Delft, Kleinmond en Wesbank.

Horatio “Voudie” Solomon. Foto: Verskaf

Die saak teen hom en ander vermeende lede van die bende is Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad tot 13 Mei uitgestel.

Die staat sou Dinsdag ’n aansoek bring dat sy borgtog ingetrek word, maar kon nie die aansoek bring nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, het Dinsdag gesê dat Solomon, wat tans in die Goodwood-gevangenis aangehou word, nie na die hof gebring kon word nie.

Nagenoeg vyf bewaarders van die tronk is sedert verlede week positief vir die koronavirus getoets.

Bronne by die departement van korrektiewe dienste het gesê een van die reëlings is dat geen gevangene vir die volgende paar weke na enige hof vervoer sal word nie.

Ntabazalila het gesê die verskillende partye het ooreengekom dat die aansoek en die argumente per beëdigde verklarings by die hof ingedien kan word.

Volgens Ntabazalila sal die hof dan ook op 13 Mei besluit of Solomon se borgtog teruggetrek sal word of nie.

Hy is verlede Donderdag by ’n huis in Elsiesrivier in hegtenis geneem nadat hy onder meer sy borgtogvoorwaardes verbreek het.

Hy verskyn tans in die hooggeregshof in Kaapstad saam met 11 ander vermeende lede van die bende op 77 aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, die onwettige besit van dwelms, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, en aanklagte wat met oortredings van die Wet op Georganiseerde Misdaad verband hou.

Hy is in Desember 2019 op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Daar is ook ’n lys name van mense met wie hy ingevolge sy borgtogvoorwaardes nie kontak mag maak nie.

Luidens sy borgtogvoorwaardes mag Solomon nie sy voete in Ravensmead, Belhar, Delft, Uitsig, Elsiesrivier, Kleinmond, Caledon, Paarl, Wellington, Gouda, Citrusdal, Gansbaai, Hawston, Hermanus, Pringlebaai, Bettysbaai, Saldanha, Vredenburg, Atlantis, Malmesbury, Mamre, Clanwilliam, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Wesbank, Mitchells Plain, Kalksteenfontein, Kraaifontein, Blue Downs, Kuilsrivier, Bonteheuwel, Athlone, Heideveld, N2 Gateway, Retreat, Tokai, Steenberg, Bishop Lavis, Netreg, Hanover Park, Woodstock en Worcester sit nie.

Daar is ook ’n lys name van mense met wie hy ingevolge sy borgtogvoorwaardes nie kontak mag maak nie.

Die lys van name sluit in sy oom, Ernie “Lastag” Solomon, vermeende hoofleier van die Terrible Josters in.

Die ander 42 name op die lys van verbode persone is glo almal rolspelers in die bendegroepering.

Meer oor:  Delft  |  Wesbank  |  Elsiesrivier  |  Kleinmond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.