Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende ‘Facebook’-reeksverkragter vas in O-Kaap

’n Vermeende reeksverkragter wat glo sy slagoffers met vals advertensies vir modelwerk op Facebook gelok het, is Dinsdag vasgetrek terwyl hy glo met ’n vervalste doktersbrief van Mthatha na King William’s Town onderweg was.

Hy het reeds Donderdag op ’n aanklag van verkragting in die landdroshof in Komani (Queenstown) verskyn, maar sy naam kan weens die seksuele aard van die beweerde misdaad eers bekend gemaak word nadat hy gepleit het.

Met die verdagte se ware identiteit bekend aan die polisie, is vasgestel dat daar reeds verskeie sake teen hom aanhangig gemaak is.

Hy sal op 28 Mei aansoek om borgtog doen.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n 17-jarige tienermeisie die afgelope Maandag ’n saak van verkragting by die polisie aangemeld.

Volgens haar het sy op ’n advertensie op Facebook gereageer waarvolgens modelle glo betaal sou word om aan ’n fotosessie deel te neem.

Sy het in Warnerstraat in Komani vir dié fotosessie opgedaag. Daar was nog meisies wat glo op die advertensie gereageer het, maar hulle was reeds weg toe die verdagte haar glo verkrag het.

Kinana sê die polisie se ondersoek het verskeie Facebook-profiele met die verdagte verbind en daar is vasgestel dat hy gereeld in die land rondreis.

“In al hierdie dorpe het die verdagte geadverteer dat jong meisies om ’n fotosessie kan aansoek doen. Die vermoede is dat hy die niksvermoedende slagoffers só gelok het en dan sy teikens gekies en verkrag het.”

Met die verdagte se ware identiteit bekend aan die polisie, is vasgestel dat daar reeds verskeie sake teen hom aanhangig gemaak is.

Die polisie vermoed ook daar kan baie sake wees wat nog nie teen die verdagte aangemeld is nie.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, het die inhegtenisneming verwelkom. Hy het gesê met dié verdagte agter tralies kan daar ’n afname aan verkragtings in die provinsie en selfs in ander dele van die land wees.

Mabuyane het die polisie se versoek benadruk dat enigiemand met inligting óf nog moontlike slagoffers sers. Vizicelo Ludidi, ondersoekbeampte, by 071 352 5252 moet bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.