Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende moordenaar kla weer oor fotograwe in hof

’n Zimbabwiër wat van onder meer moord aangekla word en sedert sy eerste hofverskyning in 2017 weier om in die hof te wees as die media teenwoordig is, het Woensdag bes gegee “omdat sy eksmeisie vir die hof lieg”.

Trust Tofa Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Dié vrou het getuig hoe Trust Tofa (30) haar nuwe kêrel met ’n stuk yster doodgeslaan het.

Tofa, wat in die hooggeregshof in Port Elizabeth verhoor word, het Dinsdag nog geweier om in die hof te sit omdat regter Jannie Eksteen nie die publiek en die media wou beveel om die hof te verlaat nie.

Tofa staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Die staat beweer hy het in November 2016 by ’n huis in Motherwell, Port Elizabeth, ingebreek waar die betrokke vrou en haar kêrel geslaap het. Luidens die klagstaat het Tofa die vrou verkrag en Godfrey Kumire doodgeslaan.

Dié vrou het Woensdag getuig Tofa het ’n stuk yster in sy regterhand gehad en Kumire verskeie kere daarmee geslaan. Hy het volgens haar sy linkerhand gebruik om haar weg te stoot toe sy wou keer.

Sy het getuig Kumire was kaalbolyf en het onder twee komberse gelê toe Tofa hom begin aanrand.

“Toe die houe op hom begin val, het hy sy hande opgelig om te keer en die komberse het afgeskuif tot by sy heupe.”

Die hofverrigtinge is onderbreek toe Tofa geweier het om ná ’n 15-minute-verdaging voort te gaan omdat hy ontevrede was omdat die media foto’s van hom publiseer. Hy het aan Eksteen gesê iemand in die gevangenis is aangerand nadat sy foto in koerante verskyn het. Hy beweer ook dat die bewaarders kop in een mus is met sekere gevangenes nadat ’n vuurwapen blykbaar in ’n sel gevind is.

Eksteen het gesê daar is geen wet wat die media verbied om foto’s in die hof te neem nie. “As jou regte enigsins geskend word, is daar by my geen twyfel dat jou regsverteenwoordiger ’n toepaslike aansoek by my sal indien nie.”

Tofa het in ’n stadium aan Eksteen gesê hy moet eers wag dat hy wat Tofa is klaar gepraat het voordat die regter iets kan sê. Hy het ook gesê hy is nie veilig in die gevangenis nie.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Trust Tofa  |  Port Elizabeth  |  Hof  |  Verkragting  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.