Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende opstoker werk vir Wes-Randse munisipaliteit
Sibusiso Mavuso tydens sy verskyning in die hof.Foto: Kayleen Morgan

Borgtog is Maandag aan ’n vermeende opstoker, wat glo geweld in Gauteng en KwaZulu-Natal aangehits het, deur die landdroshof in Westonaria toegestaan.

Sibusiso Mavuso (37) staan tereg op aanklagte van aanhitsing van geweld op sy Facebook-blad.

Ao. Alpheus Madimetja, ondersoekbeampte in die saak, het gesê Mavuso is getroud met vyf kinders en werk vir die munisipaliteit van die Wes-Rand as toesighouer vir verliesbeheer.

Mavuso en ander oproeriges het na bewering op 12 Julie ’n Pick n Pay-winkel in Westonaria bestorm en geëis dat dit gesluit word.

Volgens Madimetja het Mavuso nie ’n masker gedra nie en die polisie kon hom maklik uitken.

Mavuso en ander oproeriges is beveel om die winkel te ontruim. Die bestuurder het ná die voorval ’n saak van intimidasie en aanhitsing by die Westonaria-polisiekantoor geopen.

“Wie wil nog burgeroorlog hê, want vanaand gaan dit erger wees (sic),” het Mavuso glo op sy Facebook-blad geskryf. Hy is op 16 Julie by sy huis in hegtenis geneem.

Madimetja het getuig dat Mavuso aan hom erken het dat hy ’n aanhanger van oudpres. Jacob Zuma is.

’n Foto van Zuma en Mavuso is later as bewysstuk aan die hof oorhandig.

Die staat wag op CCTV-opnames en forensiese getuienis teen Mavuso. Hy is op borgtog van R2 500 vrygelaat en moet op 30 Augustus weer in die hof verskyn.


Meer oor:  Onrus  |  Geweld  |  Sibusiso Mavuso
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.