Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Stropers' weer aangekla ná moord-ondersoek

Die aanklagte teen drie beskuldigdes wat met renosterstropery in Mpumalanga verbind word, is heringestel nadat hulle aanvanklik weens aandadigheid aan die moord op lt.kol. Leroy Bruwer ondersoek is.

Elliot Sindane (69), Elvis Mlimi (50) en Mabuthi Khoza (35) het Dinsdag in die landdroshof in Mombela verskyn op aanklagte van onwettige jag, die onwettige besit van vuurwapens, onwettige handel met renosterhorings en onregmatige betreding.

Kapt. Loyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring ondersoekbeamptes was besig was om die beskuldigdes se moontlike betrokkenheid by die moord op Bruwer te ondersoek toe hulle op inligting afgekom het wat daartoe gelei het dat hulle weer aangekla is van renosterstropery.

Lt.kol. Leroy Bruwer is op 17 Maart 2020 vermoor. Foto: Verskaf

Die aanklagte is aanvanklik in 2011 teen die drie aanhangig gemaak en volgens Ramovha is dit onder “verdagte omstandighede” van die hofrol geskrap.

Die Valke het hierna besluit om die aanklagte weer in te stel.

Ramovha het aan Netwerk24 gesê die beskuldigdes is nooit weens die moord op Bruwer in hegtenis geneem nie, maar was verdagtes in sameswering tot moord.

Hulle is op waarskuwing vrygelaat en sal op 17 Mei weer in die hof verskyn.

Bruwer, bevelvoerder van die Valke-eenheid in Mbombela en een van die Valke se mees prominente ondersoekbeamptes in die stryd teen renosterstropery, is op 17 Maart 2020 met ’n swaarkalibervuurwapen doodgeskiet terwyl hy op pad was werk toe.

Sinovuyo Salela (28) is vir Bruwer se moord in hegtenis geneem.

Sy moordverhoor sal na verwagting op 26 Julie in die hooggeregshof in Mbombela begin.

Meer oor:  Renosters  |  Renosterstropery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.