Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende Seesig-moordenaar wel vir waarneming gestuur

Die vermeende Seesig-moordenaar, Kyle Ruiters, gaan nou wel vir sielkundige waarneming na die Valkenberg-psigiatriese hospitaal verwys word.

Die besluit is die afgelope week deur die landdroshof in Bellville, waar hy voorlopig op ’n aanklag van moord teregstaan, bekragtig. Daar is egter volgens bronne ’n waglys van tussen tien en 12 maande vir ’n bed by die hospitaal.

Kyle Ruiters met een van sy eerste verskynings in die landdroshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Dit beteken dat Ruiters se verhoor, indien dokters by die hospitaal hom as toerekeningsvatbaar diagnoseer, moontlik eers in 2022 sal begin.

Daar is voorheen berig dat ’n distriksgeneesheer ná ’n sielkundige beoordeling van Ruiters in Junie vanjaar bevind het dat hy toerekeningsvatbaar is en dat sy verhoor kan voortgaan.

Sy regsverteenwoordiger het egter met ’n daaropvolgende verskyning daarop aangedring dat hy vir psigiatriese waarneming verwys word. Die hof het dié versoek toegestaan.

Ruiters staan voorlopig tereg op aanklagte van moord en regsverydeling. Hy word daarvan aangekla dat hy Lynette Volschenk op 21 Augustus 2019 in haar woonstel in die Seesigwoonstelkompleks in Loevenstein, Bellville, vermoor en daarna onthoof het. Sy is met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Ruiters het by sy tannie, adv. Theresa Ruiters, in ’n woonstel in dieselfde woonstelgebou as Volschenk gewoon.

Meer oor:  Kyle Ruiters  |  Bellville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.