Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende vee-bedrieër sê hy was die slagoffer

In ’n verrassende wending in die bedrogverhoor van ’n vee-agent wat daarvan aangekla word dat hy boere uit meer as R8 miljoen bedrieg het, wil hy nou strafregtelike klagte teen dié boere indien.

Scott Brown Vrydag in die getuiebank van die Vrystaatse hooggeregshof. Foto: ALZANE NARRAIN

Scott Brown (41) van Bloemfontein het Vrydag in die Vrystaatse hooggeregshof in kruisondervraging getuig dat hy die slagoffer in die hele bedrogspul is en dat hy dit nou oorweeg om stappe teen van die klaers te doen.

“Ek het geweet hulle bedrieg my, maar kon dit nie bewys nie. Ek het gedink hoe harder en langer ek werk, hoe gouer sou ek uit die skuld kom.”

Brown, sy vrou, Zelda Maddocks (40), en haar beslote korporasie, Zelchem Trading, ontken voor regter Sharon Chesiwe dat hulle boere in die distrikte Bloemfontein, Bultfontein en Dewetsdorp tussen Oktober 2015 en Augustus 2016 uit meer as R8,6 miljoen bedrieg het.

Brown het Vrydag rooi in die gesig geword en heftig ontken dat hy ’n bedrieër is.

“As ek ’n blatante bedrieër was wat geld wou steel, kon ek baie meer as net R8 miljoen gesteel het,” het hy ontstoke gesê.

Hy sê sy onkunde oor die vleisbedryf en dat hy beheer oor alles verloor het, is die rede hoekom hy nou in die hof beland het. “Ek het net op ’n eerlike manier probeer om besigheid te doen. Ek was nie bewus van die wette nie. Ek het nie geweet hoe dit werk nie.”

Hy het heftig ontken dat sy vrou deel van die bedrywighede was. “Ons het besluit sy gaan huisvrou speel en dat ek die besigheid gaan bestuur. Die besigheid was net in haar naam. Sy het van niks geweet nie.”

Maddocks het van haar swygreg gebruik gemaak en het verkies om nie self te getuig nie.

Vic de Bruyn van die gespe­sialiseerde handelsmisdaadeenheid is die aanklaer.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir Brown en Maddocks op.

Kapt. Martin Barker is die ondersoekbeampte.

Die verhoor is tot Julie uitgestel.

Meer oor:  Scott Brown  |  Bloemfontein  |  Slagoffer  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.