Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermeende vee-swendelaar ‘bedonderd’ oor bewerings
Scott Brown Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

“Ek is beneuk. Ek is bedonderd,” het ’n vee-agent driftig in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê op ’n stelling van die aanklaer dat hy boere opsetlik uit R8,6 miljoen bedrieg het.

“Jy het vir hulle gelieg en hulle mislei. Jy het geweet jy kan hulle nie betaal nie.

“Toe die moeilikheid begin, het jy die onderneming se geld uitgedobbel in die hoop om die boerpot te wen sodat jy almal kon betaal,” het Vic de Bruyn, namens die staat, dit aan Scott Brown (41) gestel.

Brown en sy vrou, Zelda Maddocks (40), ontken voor regter Sharon Chesiwe dat hulle tussen Oktober 2015 en Augustus 2016 boere in die distrikte Bloemfontein, Bultfontein en Dewetsdorp bedrieg het.

Maddocks se beslote korporasie, Zelchem Trading, word ook by die aanklagte betrek.

De Bruyn het dit aan Brown gestel dat hy die onderneming soos ’n Ponzi-skema bedryf het.

“Jy het die een se geld gevat om die ander mee te betaal.”

Ek probeer eerlik wees en dit is die bottom line. Dit is hoekom ek nou vir ander se skelmstreke moet boet.
Scott Brown

Hy sê Brown het aan almal voorgegee dat hy goeie sake kan doen, terwyl hy hulle wou bedrieg.

Brown het getuig Nicolaas Janse van Rensburg, eienaar van Freestate Meat Wholesalers, en Wynand Schreuder, eienaar van SMA-slagplaas, het van die begin af saam gekonkel om hom, as middelman, te bedrieg.

Hy sê dié twee sakemanne het sy onkunde oor die vleisbedryf uitgebuit en slagstate vervals sodat hy minder geld kon verdien.

Die rede hoekom hy nie die transaksies gestaak het of polisie toe gegaan het nie, is omdat hy nie bewyse gehad het nie.

“Ek probeer eerlik wees en dit is die bottom line. Dit is hoekom ek nou vir ander se skelmstreke moet boet.”

De Bruyn: “Jy skuld boere meer as R8 miljoen. Waar is die geld?”

Brown: “Ek kan nie sê nie. Ek vermoed dit is tussen die vleisgroothandelaar en slagpale.”

Brown sê die boere wat die klagtes teen hom by die polisie ingedien het, lieg almal.

Hy het nooit wanvoorstellings aan hulle gemaak nie.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir Brown en Maddocks op.

Kapt. Martin Barker is die ondersoekbeampte.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Scott Brown
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.