Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vermoorde meisie se kêrel in hof ná haar moord

Die kêrel van ’n student van Limpopo het Woensdag in die landdroshof in Lephalale verskyn weens haar moord.

Lesiba Moabi (36) is aangekla weens die moord op Tshidi Mocheko, ’n student van Lephalale in Limpopo. Foto: SAPD

Lesiba Moabi (36) is Maandagaand in hegtenis geneem ná die moord op Tshidi Mocheko (27), wat ’n student aan die TVET-kollege in Lephalale was.

Haar bebloede lyk is Maandagoggend in die erf van Moabi se suster se huis in Overwacht gekry.

Mochecko is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.

Moabi is ná ’n uitgebreide soektog in die Marapong-nedersetting buite Lephalale in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Mocheko sal in aanhouding bly sodat die polisie ’n profiel kan saamstel oor of hy enige vorige veroordelings of hangende sake het.

Moabi moet op 27 Februarie weer in die hof verskyn en sal waarskynlik dan om borgtog aansoek doen.

* Mocheko is die tweede student aan ’n TVET-kollege in Limpopo wat die afgelope twee maande vermoor is.

Precious Ramabulana (21), ’n student aan die TVET-kollege in Botlokwa, sowat 40 km noord van Polokwane, is in Desember in haar kamer digby die kampus vermoor.

Tshidi Mocheko, ’n student aan die TVET-kollege in Lephalale in Limpopo, is Maandag vermoor. Foto: Verskaf

Sy is meer as 50 keer met ’n mes gesteek en glo verkrag.

Aubrey Manaka (27) is kort ná haar moord in hegtenis geneem. Hy ontken dat hy haar verkrag en vermoor het. Hy is in aanhouding en sal einde Maart in die hooggeregshof in Polokwane verskyn.

Meer oor:  Tvet-Kollege  |  Lesiba Moabi  |  Tshidi Mocheko  |  Limpopo  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.