Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Verskeie in hof vir onwettige vuurwapens, ammunisie, vetplante

’n Man (30) van Khayelitsha sal Maandag in die landdroshof in Khayelitsha verskyn op aanklagte van onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die man is Saterdag in ’n padblokkade in Japhta K. Masemola-weg in Makhaza, Khayelitsha, deur lede van die Harare-polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid in hegtenis geneem.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is die man se Toyota Avanza by die padblokkade deursoek. Hulle het op ’n 9 mm-pistool sonder ’n reeksnommer en ammunisie in die voertuig afgekom.

In ’n ander voorval verskyn ’n 29-jarige ook Maandag in die landdroshof in Khayelitsha op aanklagte van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die man is Vrydag deur lede van die Valke- en blitspatrollie in hegtenis geneem.

Lede van die Valke het Vrydag beslag gelê op dié vier pistole by ’n huis in Harare, Khayelitsha. Foto: SAPD
Die polisie het Saterdagaand in ’n padblokkade in Makhaza, Khayelitsha, op die 9 mm-pistool beslag gelê. Foto: SAPD

Die polisiebeamptes het ’n wenk ontvang dat onwettige vuurwapens by ’n huis in Dibanastraat in Harare in Khayelitsha gehou word.

’n Lasbrief is bekom om die huis te deursoek. By die huis het hulle op vier 9 mm-pistole, een R5-geweer en ammunisie wat in ’n kamer versteek was, afgekom.

Die Valke het gesê die man is in hegtenis geneem en die vuurwapens waarop hulle beslag gelê het, gaan vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in ander misdrywe gebruik is.

In ’n onverwante voorval is vier mense, 19, 20, 23 en 50 jaar oud, Vrydagaand in Vanrhynsdorp deur lede van die Malmesbury-polisiekantoor se veediefstaleenheid en die eenheid vir bedreigde spesies in hegtenis geneem vir handel in beskermde vetplante sonder ’n permit.

Die vier mense is in ’n polisie-operasie by ’n vulstasie in Vanrhynsdorp in hegtenis geneem.

Volgens Traut het die polisie op 2 262 vetplante beslag gelê.

Die vier verskyn Maandag in die landdroshof op Vanrhynsdorp.

Die polisie het op van die vetplante by ’n vulstasie in Vanrhynsdorp in ’n polisie-operasie op beslag gelê. Foto: SAPD
Meer oor:  Onwettige Vuurwapens  |  Ammunisie  |  Vetplante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.