Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vicki Momberg: Klag van minagting van die hof wag nou

Die veroordeelde rassis Vicki Momberg word deur ’n klag van minagting van die hof in die gesig gestaar omdat sy na bewering vir die polisie wegkruip.

’n Lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik, maar die polisie weet nie waar sy is nie.

Vicki Momberg ná een van haar verskynings in die landdroshof in Randburg. Foto: Felix Dlangamandla

Momberg is in 2017 op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind nadat sy ’n polisiebeampte 48 keer die k-woord toegesnou het in ’n voorval wat op video vasgevang is. Sy is in 2018 tot twee jaar tronkstraf gevonnis met ’n bykomende jaar wat opgeskort is.

Sy is borgtog toegestaan hangende die uitslag van haar appèlaansoek, wat in Junie vanjaar deur die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys is. Momberg is daarna 30 dae gegun om vir verlof tot appèl by die appèlhof aansoek te doen. Sou sy versuim om dit te doen, moes sy haar by die hof aanmeld om die res van haar vonnis uit te dien.

’n Lasbrief vir haar inhegtenisneming is op 1 Augustus uitgereik nadat sy haar nie op 31 Julie by die landdroshof in Randburg aangemeld het nie.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Momberg het kans gehad om ’n aansoek tot die appèlhof te rig, maar haar regspan het dit ná die spertyd ingedien en haar borgtog het toe reeds verstryk. Die lasbrief wat uitgereik is, bly geldig, sê Mjonondwane.

“Die appèlproses kanselleer nie die lasbrief vir haar inhegtenisneming nie, want daar was geen aansoek om haar borgtog te verleng nie,” sê Mjonondwane.

Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner, sê Momberg is besig om ’n “groter gat vir haarself die grawe”.

“Die hof kan summier ’n ondersoek van stapel stuur om te bepaal of sy opsetlik die hof geminag het. Minagting van die hof is ’n misdaad.”

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie weet nie waar Momberg is nie. Volgens haar het die polisie al telkemale Momberg se huis besoek, maar sy was nie daar nie.

“Ons het ’n verantwoordelikheid om die lasbrief na te kom en ons ondersoekers sal aanhou om Momberg te probeer opspoor totdat ons haar kry,” sê Peters.

Netwerk24 het Maandag Momberg se huis in Krugersdorp besoek. Lede van haar gesin het buite die huis gestaan, maar wou nie kommentaar lewer nie.

Die huis van die veroordeelde rassis Vicki Momberg in Krugersdorp. Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Vicki Momberg  |  Crimen Injuria  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.