Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vicki Momberg vat die pad, kruip weg vir polisie
Vicki Momberg

Die veroordeelde rassis Vicki Momberg kruip glo weg vir die polisie nadat sy in Augustus ’n hofverskyning misgeloop het.

Daar is reeds ’n lasbrief vir haar inhegtenisname uitgereik.

Momberg, ’n voormalige eiendomsagent, is in 2017 skuldig bevind aan vier klagte van crimen injuria nadat sy die jaar tevore ’n swart polisieman 48 keer die k-woord toegesnou het.

Sy is in Maart 2018 tot twee jaar tronkstraf gevonnis met ’n bykomende jaar wat opgeskort is.

Momberg is borgtog toegestaan hangende die uitkoms van haar appèlaansoek.

Hierdie aansoek is in Junie vanjaar deur die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys.

Sy is daarna 30 dae gegun om vir verlof tot appèl by die appèlhof aansoek te doen. Haar borgtog is ook verleng.

Regter Thifhelimbilu Mudau het haar egter gewaarsku dat sou sy versuim om haar versoek by die appèlhof in te dien, sy haarself weer aan die hof sal moet oorhandig om die oorblywende deel van haar vonnis uit te dien.

Sy het versuim om dit te doen.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het aan News24 bevestig dat die polisie Momberg probeer opspoor.

“Die polisie moet nog vir Momberg opspoor en arresteer kragtens ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming.”

Volgens Peters het die polisie twee van Momberg se adresse reeds meer as een keer besoek en sy is skoonveld.

Sunday Times berig ’n lasbrief vir Momberg se inhegtenisname is in Augustus uitgereik nadat sy nie by die landdroshof in Randburg aangemeld het nie.

Die koerant het self probeer om Momberg te vind en het haar ouerhuis by twee geleenthede besoek, sonder sukses.

’n Familielid het na wat berig word gesê sy woon deesdae daar.

Hoewel Momberg ook deur die gelykheidshof skuldig bevind is en beveel is om R100 000 te betaal, hou sy vol sy is onskuldig.

Momberg sê die spanning van die ongeluk waarin sy betrokke was (waartydens die polisieman haar bygestaan het voor sy hom die k-woord genoem het), het haar onbevoeg gelaat en daarom is sy nie aanspreeklik vir haar dade nie.

Meer oor:  Vicky Momberg  |  Rassisme  |  Crimen Injuria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.