Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Video in hof wys hoe Deen klitoris afsny
Peter Frederiksen in die beskuldigdebank van die Vrystaatse hooggeregshof. Foto: ALZANE NARRAIN

’n Video waarop in besonderhede gesien kan word hoe Peter Frederiksen (65) ’n vrou se klitoris verwyder, is in die Vrystaatse hooggeregshof vertoon.

Sy is daarna R2 500 betaal, het die 40-jarige vrou Vrydag voor regter Johann Daffue getuig.

Die nege klitorisse wat in September 2015 in Frederiksen, ’n Deense wapenhandelaar van Bloemfontein, se vrieskas gekry is, het destyds selfs internasionaal opslae gemaak.

Hy ontken nou skuld op 58 aanklagte, waarvan sommige is dat hy onwettig dié soort operasie in sy meenthuis in Langenhovenpark gedoen het.

Van die pakkies met die klitorisse in was ook met die name van die vroue en datums gemerk.

Die vrou wat getuig het, het Frederiksen in sy wapenwinkel ontmoet en was daarna twee keer saam met ’n vriendin van haar in Frederiksen se meenthuis.

Sy het by die vriendin gehoor dat hy sulke operasies doen.

Hy het haar ingespuit en ’n stuk van haar klitoris afgesny. Die vriendin het die video van die operasie gemaak.

Die tweede keer, nadat hulle saam geëet en wyn gedrink het, het sy ingewillig vir die operasie.

Hy het haar ingespuit en ’n stuk van haar klitoris afgesny. Die vriendin het die video van die operasie gemaak.

Die getuie wat voor haar getuig het, is ’n 18-jarige meisie wat getuig het oor hoe Frederiksen pornografiese foto’s van haar in Lesotho geneem het toe sy 12 jaar oud was.

’n Familielid (9) van haar het vroeër getuig hoe Frederiksen haar ook afgeneem en haar verkrag het.

Daffue het vandeesweek bevind albei die deursoekingslasbriewe (vir Frederiksen se meenthuis en sy onderneming) waarmee die Valke op 17 September 2015 op sy meenthuis toegeslaan het, was wettig en is vooraf aan hom oorhandig.

Dit was met dié lasbriewe waarmee daar op die menslike weefsel, videos, foto’s, kameras en medisyne beslag gelê is.

Adv. Amanda Bester kla aan. Marius Bruwer tree in opdrag van Steenkamp en Jansen-prokureurs vir Frederiksen op.

Meer oor:  Peter Frederiksen  |  Klitorisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.