Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vierde verdagte in Matie-moordsaak in hof

’n Vierde man het Woensdag in verband met die moord op Hannah Cornelius in die hof verskyn.

Eben van Niekerk het vlugtig in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting. Nog aanklagte kan bygevoeg word.

Die saak is tot 20 Junie vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Hy bly tot dan in aanhouding.

Die ander beskuldigdes in die saak is Vernon Witbooi (32), Geraldo Parsons (26) en Nashwill Julies (28). Hul sake is uitgestel tot 28 Julie vir verdere ondersoek.

Meer oor:  Nashwill Julies  |  Hannah  |  Geraldo Parsons  |  Vernon Witbooi  |  Moord  |  Matie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.