Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Virgin Active sê oor ‘teistering’

Die Virgin Active-gimnasium in Stellenbosch het die klag van seksuele teistering teruggetrek wat hy teen ’n 18-jarige man aanhangig gemaak het.

Die man is verlede maand op video afgeneem waar dit lyk asof hy in die gimnasium masturbeer terwyl hy ’n vrou wat oefen met sy selfoon afneem.

“Wat hy gedoen het, was verkeerd, maar ons meen sielkundige hulp kan meer gepas wees as strafregtelike optrede,” sê Carla White, die gimnasium se woordvoerder, in ’n verklaring.

“Ons verstaan van sy prokureur en familie dat hy berading ontvang, en met hierdie terapie sal voortgaan. Ons glo dit is die mees gebalanseerde manier om die situasie te hanteer.”

Sy het bevestig dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) hulle versoek het om die aanklag terug te trek en sê die NGV sal waarskynlik voorwaardes koppel aan die terugtrek van die aanklag waaraan die man sal moet voldoen.

William Fullard, die man se prokureur, het Donderdag bevestig die gimnasium het die klag teruggetrek voordat die 18-jarige in die hof moes verskyn.

Die jong man sou Donderdag op aanklag van seksuele teistering in die landdroshof op Stellenbosch verskyn.

Fullard sê ’n informele mediasieproses het Woensdag tussen hom en Virgin Active se interne regsadviseur plaasgevind.

Netwerk24 het vroeër berig dat die 18-jarige volgens mense wat hom ken aan Asperger se sindroom ly. Dit is ’n minder ernstige vorm van outisme.

Die jong man is op 16 Mei in die gimnasium afgeneem deur iemand wat dit op sosiale media geplaas het, waarvandaan dit soos ’n veldbrand versprei het.

’n Klag van seksuele teistering is op 20 Mei ingedien en die 18-jarige het hom, vergesel van Fullard, by die polisie op Stellenbosch gaan oorgee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.