Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Visser doen dan aansoek om borgtog ná Bfn-moorde

Jacobus Visser (42), wat teregstaan op die driedubbele moord op sy ouers en broer in Bloemfontein, doen volgende week formeel aansoek om borgtog.

Visser, geklee in ’n swart baadjie en broek met ’n blou masker, het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op drie aanklagte van moord en ’n aanklag van regsverydeling.

Sy verhoor is vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Jacobus Visser met sy eerste verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Kaydene Davids

Rikus Smit van die prokureursfirma Bezuidenhouts Geïnk. is ook Donderdag amptelik aangeteken as Visser se regsverteenwoordiger.

Visser word aangekla vir die moord op 1 September op sy ouers, Johan (68) en Magriet (65) Visser, en sy broer Louis (40) in hul huis in Raymond Mhlaba-straat.

Die staat beweer hy het ná die moorde met die toneel gepeuter deur die rewolwer waarmee die moorde glo gepleeg is, te verwyder en skoon te maak. Hy het glo ook die patroondoppies uitgehaal en in ’n veld naby Bayswater versteek.

Die Visser-egpaar en Louis, ’n skisofrenie-lyer, is met skietwonde in twee verskillende kamers in hul huis aangetref.

Die polisie is na die huis ontbied waar hulle Jacobus in die oprit ontmoet het. Hy het hulle meegedeel dat daar ’n gesinsmoord was. Hy het die polisie van ’n selfmoordpakt vertel en gesê sy ma kon nie meer aangaan nie omdat hulle finansieel geruïneer was.

Johan de Vries kla aan.

Ao. Renier de Beer is die ondersoekbeampte.

Meer oor:  Jacobus Visser  |  Bloemfontein  |  Moorde  |  Aansoek  |  Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.