Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vlakfontein: Klagte teen moordverdagte laat vaar

Die staat het Vrydag die klagte teen Fita Khupe, wat van die moord verlede jaar op drie vroue en vier kinders in Vlakfontein aangekla is, teruggetrek.

Khupe het in die streekhof in Lenasia, suid van Johannesburg, verskyn.

 Fita Khupe
Fita Khupe. Foto: Canny Maphanga, News24

Die staat kon die saak nie verder voer nie omdat Ernest Mabaso, die ander beskuldigde, homself in Januarie in sy polisiesel in Kaapstad opgehang het.

“Die aanklaers het die feite probeer vasstel, maar daar is bevind dat daar geen redelike vooruitsig op ’n suksesvolle vervolging is nie. Al wat ons het, is ’n bekentenis van die oorledene, wat ons kragtens wetgewing nie teen Khupe mag gebruik nie,” het Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), buite die hof aan eNCA gesê.

Mjonondwane het bygevoeg dat die getuies se verklarings nie die verdagte aan die moorde kon koppel nie.

In ’n bekentenis het Mabaso beweer dat hy die moorde gepleeg het omdat Khupe gesê het hy moet.

Die DNS-bewyse wat op die misdaadtoneel gekry is, het Khupe ook uitgesluit.

Mabaso en Khupe is daarvan beskuldig dat hulle sewe lede van die Khoza-familie vermoor het nadat die polisie hul lyke op 29 Oktober 2018 gekry het waar dit onder sand in ’n huis in Vlakfontein begrawe is. Dít nadat bure ’n slegte reuk opgemerk het wat vanaf die eiendom kom.

Die twee het op sewe aanklagte van moord met voorbedagte rade tereggestaan en Mabaso op drie bykomende aanklagte van verkragting.

“Die NVG het die saak na ’n landdros verwys om ’n geregtelike ondersoek te doen om die omstandighede rondom die Khoza-familie se dood vas te stel,” sê Mjonondwane.

Meer oor:  Fita Khupe  |  Ernest Mabaso  |  Vlakfontein  |  Hof  |  Moordverhoor  |  Klagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.