Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vlieënier wat glo lieg oor lisensie in hof

William Chandler, ’n voormalige senior vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Kemptonpark op aanklag van bedrog verskyn.

Die saak is tot 20 Junie uitgestel.

Chandler (62) het na bewering vir langer as 20 jaar as senior eerste offisier sonder ’n lugvaartvlieënierslisensie (ATPL) gewerk.

Landdros Sagra Subroyen het die saak vir ’n finale keer uitgestel om die staat kans te gee om Chandler se opleidingsrekord te bekom.

William Chandler, voormalige SAL-vlieënier, Dinsdag by die landdroshof in Kemptonpark. Foto: Werner Beukes

Die SAL het vroeër gesê dat die onreëlmatigheid oor die lisensie in November 2018 tydens ’n vlug na Duitsland aan die lig gekom het.

Vlug SA260 na Frankfurt het ’n lugsteurnis ondervind maar veilig geland.

Toe die personeel op die Airbus A340-600 ondersoek is, het Chandler glo valslik aangevoer dat hy oor ’n ATPL beskik.

Chandler, wat wel oor ’n lisensie as handelsvlieënier beskik, het intussen bedank nadat die SAL ’n klag van bedrog teen hom ingedien het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.