Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Voormalige boekhouer van Aurora skuldig aan diefstal

’n Boekhouer van ’n rehabilitasiesentrum vir gestremde pasiënte is Woensdag in die handelshof in Port Elizabeth daaraan skuldig bevind dat hy R1,9 miljoen by dié sentrum gesteel het.

Johannes Gieselbach het skuld beken op meer as 100 aanklagte van diefstal. Foto: Lulama Zenzile

Hoewel Johannes Gieselbach (44), voormalige boekhouer van die Aurora- gespesialiseerde sorgsentrum, op 168 aanklagte van diefstal skuld beken het, meen hy egter die verlies wat die sorgsentrum gely het, is net meer as R1,2 miljoen.

Luidens sy pleitverduideliking, wat by die hof ingedien is, het hy Aurora se krediteure in totaal met R692 000 vergoed. Hy bieg hy het dit wel uit die gesteelde geld betaal om te verhoed dat hy uitgevang word.

Landdros Lionel Lindoor het Gieselbach, wat geen vorige veroordelings het nie, in ooreenstemming met sy pleitverduideliking skuldig bevind.

Lisa Keech, die staatsaanklaer, het die pleitverduideliking aanvaar.

Sy prokureur, Ryno Scholtz, het die hof versoek om die saak uit te stel. Volgens Scholtz het hy die bal aan die rol gesit om ’n korrektiewe-toesig-verslag, sowel as ’n proefbeampte-verslag te bekom.

Gieselbach se borgtog is verleng en hy moet weer op 17 April in die hof verskyn.

Gieselbach erken in sy pleitverduideliking hy het Aurora van Januarie 2016 tot ongeveer 25 Junie 2019 besteel.

Deel van sy pligte was om namens die hospitaal betalings aan krediteure en diensverskaffers te doen.

Die betalings moes deur twee mense goedgekeur word, waarvan Gieselbach een was.

Gieselbach het die betalings op ’n bank-app gelaai en ’n afskrif daarvan en fakture aan Riesl Fick, die hospitaalbestuurder, verskaf. Fick sou dan die betalings verifieer voordat sy dit op die app goedkeur.

Vir die finale oorbetaling het Gieselbach goedkeuring op sy rekenaar gedoen, maar hy het kort nadat Fick dit goedgekeur het die diensverskaffers en krediteure se bankrekeninge met sy eie spaarrekeninge se besonderhede vervang.

Die Aurora-sorgsentrum is ’n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat na 135 kinders en volwassenes omsien. Dit is afhanklik van skenking en die ondersteuning van sakeondernemings en die gemeenskap.

Meer oor:  Aurora  |  Port Elizabeth  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.