Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Voorman dalk van moord aangekla ná aanvaller sterf

’n Vrystaatse plaasvoorman wat ’n aanvaller verlede jaar glo uit noodweer gewond het, gaan dalk nou van moord aangekla word.

Frikkie van Huyssteen (30) het Thokozani Joseph Mdlhuli (28) in September verlede jaar geskiet nadat hy hom glo met ’n ysterpaal bestorm het.

Van Huyssteen en nog plaaswerkers was besig om op die plaas Middelpunt tussen Kestell en Harrismith staalpype op ’n sleepwa te laai toe Mdlhuli, wat ook voorheen op die plaas gewerk het, hom glo aangeval het.

Frikkie van Huyssteen (30), ’n plaasvoorman van Kestell, gaan moontlik nou van moord aangekla word nadat sy vermeende aanvaller dood is. Foto: verskaf

Van Huyssteen se prokureur, Johan Niemann, het gesê Mdlhuli het die paal “soos ’n spies” gehou en Van Huyssteen daarmee net bokant sy neusbrug gesteek.

“As hy hom ’n bietjie links of regs getref het, sou die paal hom in sy oogkas getref en sy brein deurboor het,” het Niemann gesê.

Van Huyssteen het sy handwapen by hom gehad en Mdlhuli in die nek geskiet.

Van Huyssteen is van poging tot moord aangekla en op borgtog vrygelaat

Mdlhuli is in die voorval verlam en is ná ’n tyd uit die hospitaal ontslaan.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê Mdlhuli se toestand het in ’n stadium versleg en hy is weer in die hospitaal opgeneem, waarna hy op 28 Januarie dood is.

Hoewel Makhele Woensdag gesê het dat Van Huyssteen nou van moord aangekla gaan word, het Niemann gesê sy kliënt is nog nie formeel ingelig dat hy op ’n aanklag van moord tereg gaan staan nie.

Van Huyssteen het Woensdag in die landdroshof in Kestell op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.

Die verhoor is tot 28 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Van Huyssteen se borgtog van R800 is verleng.

Meer oor:  Kestell  |  Poging Tot Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.