Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Voorverhoor oor Siemens-sluipmoord skop in Junie af

Al agt die beskuldigdes in die opspraakwekkende verhoor oor die sluipmoord op Louis Siemens in Bloemfontein gaan vroeg volgende maand vir die eerste keer saam in die beskuldigdebank staan.

Dit sal ook die eerste keer wees dat hulle in die hooggeregshof in Bloemfontein sal verskyn wanneer ’n voorverhoor gehou word.

Louis Siemens

Die staat beweer almal is op ’n manier verbind met die skietdood van Siemens (52), besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in die Prellerplein-sentrum in Bloemfontein. Hy is in Mei verlede jaar in die kelderverdieping van dié sentrum doodgeskiet.

Nadat hul verhoor Donderdag na die hooggeregshof verwys is, het landdros Vuyelwa Mahamba borgtog van R5 000 elk aan twee van die beskuldigdes – Karabo Tau, ’n gewese advokaat, en Sizwe Mpati, ’n IT-tegnikus – toegestaan.

Kapt. Moeketsi Lesia, die speurtakbevelvoerder van die polisiekantoor in Bayswater in die stad, is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Konst. Molebatsi John Mogoera, ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, konst. Kagisho Ishael Chabane, ’n hofordonnans in die landdroshof in Bloemfontein, en die vermeende baasbrein, Stanley Bakili, bly agter tralies nadat hul aansoeke om borgtog misluk het.

Mojalefa (Jali) Molosi, een van die vermeende huurmoordenaars wat Siemens glo uit die hysbak geruk het voordat die skote geklap het, het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

Clive Tshivenga, ’n weermaglid, se borgtog is nog hangende.

Xolisile (Botha) Mbebetho, wat beken het dat hy die sneller getrek het, is reeds besig om sy vonnis van 22 jaar tronkstraf uit te dien.

Meer oor:  Louis Siemens  |  Bloemfontein  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.