Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Voorwaardes van entstof: AfriForum nader hof

AfriForum en Solidariteit het Woensdag bekend gemaak dat hulle ’n dringende hofaansoek ingedien het om meer inligting te vra oor die entstofvoorwaardes wat die Suid-Afrikaanse Reguleerder vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) aan Johnson & Johnson (J&J) gestel het.

Foto ter illustrasie.Foto: Reuters

“Sahpra het as deel van die voorwaardes vir die goedkeuring van die J&J-entstof bepaal dat die regering die enigste aankoper daarvan mag wees,” het dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, Woensdag gesê.

Volgens Hermann beteken dit dat sowel provinsiale regerings as die private sektor, insluitend apteke, nie die entstof regstreeks van die vervaardiger mag aanskaf nie.

“Dit is absurd, ongehoord en totaal buite hul mandaat. Hulle moet bepaal of die entstof veilig is en nie hoe dit aangekoop mag word nie,” sê hy.

“Die voorwaarde is ’n enorme struikelblok in die pad van die enstofprogram. Vir die enstofprogram om suksesvol te wees moet die private sektor en burgerlike organisasies op groot skaal betrokke raak. Die regering se entstofprogram misluk reeds en nou wil Sahpra aan die regering die alleenreg gee om te misluk!”

Gewone burgers moet begin om op te staan teen die staat se onvermoë met die enstofprogram en die sentralisering van sy onvermoë.

Solidariteit en AfriForum bring ’n hofaansoek om meer inligting te kry asook ’n hersieningsaansoek om die besluit ongeldig te laat verklaar.

“Gewone burgers moet begin om op te staan teen die staat se onvermoë met die enstofprogram en die sentralisering van sy onvermoë,” sê Hermann.

Die medisynereguleerder ontken dat hy ’n verbod op die private en provinsiale verkryging van Covid-19-entstowwe geplaas het.

Sahpra erken die vervaardiger het ’n aansoek ontvang vir die registrasie van sy Covid-19-entstof – J&J – maar dit is gedoen in die konteks van sy voorneme om dit aan die nasionale departement van gesondheid te verskaf vir die doeleindes van sy entstofprogram.

Die reguleerder sal na verwagting vandeesweek sy hofstukke indien.

AfriForum en Solidariteit se aansoek word op 29 Junie deur die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Meer oor:  Solidariteit  |  Afriforum  |  Sahpra  |  Dirk Hermann  |  Entstowwe  |  Johnson & Johnson-Entstof  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.