Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou (51) in hof vir beweerde bedrog, diefstal van R1 m.

’n Vrou het Dinsdag in die landdroshof in Randburg verskyn nadat sy haar werkgewer glo uit sowat R1 miljoen bedrieg het.

Petronella Stander (51) is Maandag in hegtenis geneem en word van bedrog en diefstal aangekla, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring.

Stander, wat as rekenmeester by die Randburgse outomatiseringsmaatskappy Opto Africa (Pty) Ltd gewerk het, het na bewering tussen 2016 en 2020 sowat R1 miljoen wat vir verskaffers bedoel was by haar eie rekening inbetaal, luidens die verklaring.

Die saak is na die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade oorgeplaas, waarna ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik is. Sy het haar by die Valke se kantoor in Johannesburg oorgegee en is in hegtenis geneem en aangekla.

Sy bly in aanhouding totdat sy weer op 20 April vir ’n borgtogaansoek in die hof moet verskyn.

Meer oor:  Randburg  |  Bedrog  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.