Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou betaal glo deposito vir huurmoord op man

Enkele ure voor die huurmoord op ’n sakeman van Bloemfontein het sy verpleegstervrou glo ’n deposito aan sy moordenaars betaal en so sy lot verseël.

Kelebogile Louisa Mokoena (51) het Donderdag vlugtig in voetboeie in die landdroshof in Bloemfontein  op ’n aanklag van moord verskyn.

Sy word daarvan aangekla dat sy haar man, Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, Maandagaand in hul huis in Fichardtpark in die stad laat vermoor het.

Die hof was stampvol van haar ondersteuners en talle mense moes staan omdat daar nie meer sitplek was toe Mokoena voor landdros Ryan Ishmail verskyn het nie.

Na wat verneem word, het die egpaar huweliksprobleme ondervind. Mokoena het na bewering drie mans genader om haar man te vermoor.

Kelebogile Louisa Mokoena word Donderdag deur die groot portaal in die Bloemfonteinse landdroshof na die hofselle begelei. Foto: ALZANE NARRAIN

Sy het glo ’n deposito aan die huurmoordenaars betaal en sou later die res van die geld oorhandig.

Johan de Vries, aanklaer, het Donderdag in die hof gesê Mokoena het ’n bekentenis afgelê oor haar rol in haar man se skietdood.

Landdros Ishmail het haar aansoek om borgtog tot volgende week uitgestel. Sy bly in aanhouding.

Familielede het haar vertroos, omhels en gesoengroet voordat sy na die hofselle begelei is.

Haar verskyning in die hof spruit uit gebeure Maandag omstreeks 21:35 toe gewapende mans na bewering Ntau in sy huis in Schnehagesingel oorval het.

Ntau en sy vrou is na bewering met dasse vasgebind voordat hy glo voor haar in die kop geskiet is.

Mokoena is ’n dag ná die voorval in hegtenis geneem.

Arthur Koorts van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir Mokoena op.

Die drie vermeende huurmoordenaars is nog op vrye voet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.