Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou dood nadat kêrel haar glo aan die brand steek

’n Vrou van Struisbaai in die Overberg is dood nadat haar kêrel na bewering petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het.

Sue-Ellen Arendse (24). Foto: Son

Sue-Ellen Arends (24) is Vrydag met erge brandwonde in die Bredasdorp-hospitaal opgeneem en is later na die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

Sy het Maandag in die hospitaal aan haar wonde beswyk.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Vrydag omstreeks 23:00 uitgeroep nadat Arendse na bewering deur haar kêrel aan die brand gesteek is.

“Toe die polisie op die toneel in Struisbaai aankom, is hulle daarvan ingelig dat ’n 24-jarige vrou met brandwonde na die hospitaal geneem is.”

Rwexana sê ’n verdagte het Maandag in die landdroshof op Bredasdorp op aanklag van moord verskyn.

Die saak is tot 15 April vir verdere ondersoek uitgestel. Die verdagte bly intussen in aanhouding.

Meer oor:  Overberg  |  Brandwonde  |  Brand  |  Sterfgeval  |  Moord  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.