Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dokter van PE hoor Woensdag oor borgtog

Die dokter van Port Elizabeth wat na bewering sy vrou in ’n rusie in die gesig geskiet het, hoor Woensdag of hy op borgtog vrygelaat sal word of nie.

Mkhuseli Boto hoor eers Woensdag of sy aansoek om borgtog suksesvol is.

Dr. Mkhuseli Boto (50) het Dinsdag weer in die landdroshof verskyn vir die tweede dag van sy aansoek om borgtog.

Boto word van poging tot moord op sy vrou, Tabita (36), aangekla. Sy het die skietery oorleef en is steeds in die hospitaal.

Die egpaar is albei dokters en is besig om te skei.

Die staat beweer Boto het Tabita op 31 Augustus in die egpaar se huis in Somerstrand in haar gesig geskiet.

Omdat die dokters op skei staan, het Tabita elders gewoon. Sy was op die dag van die skietery by die huis om haar kinders en van haar besittings te gaan haal.

Oomblikke nadat sy vrou geskiet is, het Boto glo aan ’n huiswerker gesê: “Ek het daai hond geskiet.”

Hy het hom luidens ao. Lourens Wicks, ondersoekbeampte, se verklaring daarna in sy slaapkamer toegesluit en homself met ’n dosis insulien ingespuit wat hy gehoop het dodelik sou wees. Dié poging om sy eie lewe te neem, was onsuksesvol.

Boto het Maandag luidens ’n verklaring wat deur sy prokureur, Zolile Ngeza, by die hofrekord ingelees is, gesê hy onderhou sy kinders en dat sy kinders sowel as sy praktyk in Motherwell finansieel gaan ly indien hy in aanhouding bly. Hy het ook gesê hy is nie ’n gewelddadige mens nie en dat hy nie met die polisie se ondersoek na die saak sal inmeng nie.

Die hof het gehoor dat Boto ’n rits bates, insluitend huise, juweliersware en huishoudelike items besit wat miljoene rande beloop.

Die hof het gehoor dat Boto ’n rits bates, insluitend huise, juweliersware en huishoudelike items besit wat miljoene rande beloop.

Hy het Tabita glo daarvan beskuldig dat sy ’n buite-egtelike verhouding met ’n vragmotorbestuurder het en het haar glo kwalik geneem vir sy depressie.

Tabita se prokureur wat die skeisaak hanteer, Joanne Anthony-Gooden, het Woensdag ’n verklaring van haar eie by die hof ingedien. In dié verklaring betwis sy Boto se stelling dat hy onderhoud vir al sy kinders betaal.

Boto het vyf kinders. Die jongste drie (10, 7 en 2 jaar) is uit sy huwelik met Tabita gebore. Dié drie was teenwoordig op die dag van die skietery.

Luidens Anthony-Gooden se verklaring het Boto op ’n vorige geleentheid ook gedreig om sy vrou te skiet.

Die verklaring maak ook melding daarvan dat die balju op Boto se spoor is om een van sy voertuie weens wanbetaling te konfiskeer.

Ngeza wil hê Anthony-Gooden se verklaring moet as ontoelaatbaar verklaar word.

Landdros Ramona van Vuuren lewer Woensdag haar uitspraak in die borgtogaansoek.

Meer oor:  Dr. Mkhuseli Boto  |  Port Elizabeth  |  Geskiet  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.