SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
Vrou getuig oor bloed aan kêrel se klere

’n Vrou het Maandag in die hof in Pretoria getuig oor die gebeure van vyf jaar gelede nadat ’n egpaar op hul plaas in die Bronkhorstspruit-omgewing aangeval en beroof is.

Nomasonto Ramokgata se kêrel is op 16 Mei 2013 saam met twee vriende by sy huis weg. Die einste twee vriende het haar die volgende oggend opgelaai in ’n wit Land Cruiser, gepak met koelbokse, kussings en “lang gewere”, het sy Maandag in die landdroshof in Pretoria getuig.

Haar kêrel, Lucky Mabona, het bloed aan sy klere gehad toe sy hom later weer sien.

Die ander twee mans het daar aangekom en hulle het buite gesels. Die drie is later saam daar weg.

Die aand/oggend van 16/17 Mei 2013 was ook die aand wat Leslie Albert Adlam en sy vrou, Gail, toe onderskeidelik 66- en 63-jaar oud, op hul plaas in die Bronkhorstspruit-omgewing aangeval en met ’n warm strykyster gebrand is.

Die aanvallers is vort met die egpaar se twee voertuie – een daarvan ’n wit Land Cruiser – twee gewere, selfone en huishoudelike items.

Mabona, Richard Joseph Thabethe, sy seun Sam, en David Sibanyoni is kort daarna aangekeer.

Thabethe sr. het vir die egpaar gewerk. Sy seun het voor die Adlams op die plaas grootgeword.

Thabethe sr. was glo nie direk by die aanval betrokke nie, en word aangekla op grond van ’n gemeenskaplike oogmerk.

Die klagte teen die ander beskuldigdes sluit in roof met verswarende omstandighede, die besit van ’n gevaarlike wapen (PVC-pype) en twee aanklagte van poging tot moord.

Hulle het skuld ontken.

Gail Adlam het vroeër getuig dat drie mans haar en haar man daardie oggend om ongeveer 03:00 in hul slaapkamer oorval het.

Sy het in die hof vir Mabona en Thabethe jr. uitgewys as die twee wat haar man herhaaldelik met pype geslaan en geskop het toe hy uit die bed op die vloer geval het.

Volgens haar het hulle op Leslie se kop gespring en hom met die warm strykyster gebrand.

Sy het gesê Sibanyoni het haar geskop, geslaan en met ’n elektriese koord gewurg.

Ramokgata het Maandag getuig dat sy die aand van 16 Mei 2013 by Mabona in Bronkhorstspruit gekuier het.

Sy moes na Bronkhorstspruit ryloop waar sy haar kêrel gevind het met bloed aan sy klere en op sy skoene.

“Die ander twee mans het daar aangekom en hulle het buite gesels. Die drie is later saam daar weg,” het sy getuig.

Sy het by Mabona se woning agtergebly. Die volgende oggend, tussen 04:00 en 05:00, het Thabethe jr. en Sibanyoni haar opgeklop met die opdrag dat sy saam hulle moet gaan.

“Ons het met ’n wit Land Cruiser na Badplaas gery.”

Sy het die goedere in die voertuig gesien, maar nie daaroor uitgevra nie.

Die mans het dit by ’n huis in Badplaas afgelaai.

Sy kon daar lugtyd koop en vir Mabona gebel. Hy het gesê sy moet dadelik terugkom.

Ramokgata en die twee mans moes egter die voertuig “iewers in bosse los”, want dit het ’n klank gemaak wat hulle gedink het ’n opsporingstelsel is.

Sy moes na Bronkhorstspruit ryloop waar sy haar kêrel gevind het met bloed aan sy klere en op sy skoene.

Hy het beweer hy was in ’n bakleiery.

Die verhoor gaan later vandeesmaand voort.

Meer oor:  Bronkhorstspruit  |  Pretoria  |  Aangeval  |  Bloed  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.