Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou het glo voorgegee sy is mediese dokter

Kano Mireille Mumina (38), ’n vrou wat na bewering voorgegee het dat sy ’n mediese dokter is, het Woensdag in die landdroshof in Emalahleni in Mpumalanga op ’n aanklag van bedrog verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, sê owerhede het Dinsdag toegeslaan op die perseel waar sy gepraktiseer het ná bewerings dat dokters sonder geldige kwalifikasies daar praktiseer.

Mumina het glo beweer dat sy nie haar praktykkaart kon vind nie toe sy daarvoor gevra is. Haar besonderhede kon ook nie gevind word op die registers van die Raad op Professionele Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nie.

Sekgotodi sê sy is onmiddellik in hegtenis geneem en van bedrog aangekla. Beslag is gelê op ’n groot klomp lêers en die ondersoek gaan voort.

Sy is tot haar volgende verskyning op 12 Oktober op borgtog van R1 000 vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.