Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou het sakelui glo uit meer as R60 miljoen bedrieg

’n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy verskeie eienaars van kleinsakeondernemings met meer as R60 miljoen ingeloop het, het Donderdag die eerste keer in die Wynbergse landdroshof verskyn.

Michayla Kogie Mentoor (48) is vroeër die dag deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem, sê kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke.

Mentoor was die afgelope twee jaar voortvlugtend en is in haar spoggerige wegkruipplek in die Kaapse woonbuurt Bishopscourt in hegtenis geneem, sê Ramovha.

Na bewering dat Mentoor haar voorgedoen as ’n konsultant van die departement van handel en nywerheid en het so verskeie kleinsakeondernemings in KwaZulu-Natal bedrieg, aldus Ramovha.

Sy het glo belowe om die slagoffers se aansoek om finansiering vinniger te verwerk. Dan het sy hulle vals goedkeuringsbriewe gegee en hiervoor ’n bedrag gevra.

Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat sy sedert 2013 ’n lasbrief van die Randburgse landdroshof het met soortgelyke aanklagte wat tot R60 miljoen behels.

Sy bly in aanhouding tot Maandag, wanneer sy weer in die Wynbergse landdroshof moet verskyn.

Die saak sal na verwagting na die handelshof in Durban oorgeplaas word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.