Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou hou vol Mabe het haar geteister

Die vrou (26) wat Pule Mabe, ANC-woordvoerder, van seksuele teistering beskuldig, het gerugte ontken dat sy kop uitgetrek het.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC. Foto: Felix Dlangamandla

News24 berig die vrou het die ANC na bewering laat weet dat sy nie hierdie week se verhoor kan bywoon nie.

Sy het Mabe in Desember van seksuele teistering aangekla.

“Dit is nie waar dat ek kop uitgetrek het nie. Ek sou mos nie ’n saak by die polisie aanhangig gemaak het indien ek nie met die saak sou voortgaan nie.”

Mabe is tans bedrywig met die ANC se veldtog in KwaZulu-Natal. Hy sê die verrigtinge moes Woensdag plaasvind, maar die klaer het ter elfder ure kop uitgetrek.

Die vrou het Mabe daarvan beskuldig dat hy op twee geleenthede in haar bed geklim het, maar sy het hom glo elke keer verwerp.

Hy het haar glo daarna sleg behandel en seker gemaak dat sy minder geld verdien, waarna sy uit haar pos verwyder is.

Mabe het glo gesê die vrou, wat sy persoonlike assistent was, het nie die vereiste kwalifikasies gehad nie en het daaroor gejok.

Meer oor:  Pule Mabe  |  Teister
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.