Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hegtenis ná tref-en-trap
Natasha Mans. Foto: Facebook

’n Vrou van Groenvlei buite Bloemfontein verskyn na verwagting Dinsdag in die hof in verband met die tref-en-trap-ongeluk waarin die vermoorde Natasha Mans se huiswerker dood is.

Die vrou, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, maar nie geïdentifiseer kan word voordat sy in die hof verskyn het nie, is Maandag omstreeks 11:00 in hegtenis geneem.

Dit volg nadat sy na bewering die vrou, wat net as Alina geïdentifiseer is, Saterdagnag raakgery en weggejaag het.

Wrakstukke van die wit Ford Mustang waarmee sy gery het, is glo op die toneel gevind en dit is hoe sy opgespoor is. Die motor behoort blykbaar aan haar man.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê forensiese ondersoekers het DNS-monsters op die motor gevind. Die motor se neus en ligte was erg beskadig en daar was bloed op.

Die vrou sal na verwagting op ’n aanklag van strafbare manslag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn en nog ander aanklagte kan bygevoeg word.

Alina se dood kom sowat drie maande ná die raaiselagtige verdwyning van Mans vir wie sy as huiswerker gewerk het.

Dit kom nadat sy na bewering Saterdagnag weggejaag het van die toneel waar sy Alina glo in Kenilworthweg in die Bainsvlei-omgewing raakgery en die lyk uit die pad verwyder het.

Die vrou bly glo slegs sowat 1 km van waar Mans (41) en haar vriend, Dennis Casten, gebly het. Mans se lyk is op 13 Junie op Casten se erf gevind.

Alina en haar man, met wie sy Saterdag voor haar dood gekuier het, bly ook op die erf.

Covane het vroeër gesê die egpaar was op pad terug van ’n kuierplek in die omgewing toe die man moeg geword en langs die pad gaan lê en slaap het.

Alina het aangestap en is toe deur die motor getref. Haar man het waarskynlik later verby haar lyk gestap sonder om te besef wat gebeur het.

Alina se dood kom sowat drie maande ná die raaiselagtige verdwyning van Mans vir wie sy as huiswerker gewerk het.

Sy was een van die laaste mense wat Mans op 31 Mei gesien het toe dié haar by ’n kerk in die stad afgelaai het.

Mans het daardie dag spoorloos verdwyn en is waarskynlik dieselfde dag vermoor. Haar lyk is in ’n yskas of vrieskas gehou voordat dit op Casten se erf gevind is.

Niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.