Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hof ná paddood van huiswerker

Die vrou van ’n sakeman van Bloemfontein het in die Bloemfonteinse streekhof op ’n aanklag van strafbare manslag verskyn ná ’n tref-en-trap-ongeluk waarin die vermoorde Natasha Mans (41) se huiswerker dood is.

Natasha Koen (35) van Frans Kleynhanslaan, Groenvlei, se verhoor is deur landdros Piet Bester tot 16 November uitgestel.

Natasha Koen buite die verkeershof in Bloemfontein.Foto: MLUNGISI LOUW

Die polisie-ondersoek na die dood van Alinah Matsioaelwa in die vroeë oggendure van 9 September is nog nie afgehandel nie.

Die polisie het vroeër gesê hulle ondersoek ook die moontlikheid dat Alinah se lyk ná die ongeluk verskuif is.

Koen, geklee in ’n netjiese swart langbroek en baadjie, het die hele tyd in die hof styf langs haar man, Steph, gesit, totdat haar saak geroep is en sy in die beskuldigdebank gaan staan het.

Haar man het sy eie onderneming en sy werk glo saam met hom.

Natasha Koen buite die verkeershof in Bloemfontein.Foto: MLUNGISI LOUW

Die wit Ford Mustang waarmee sy glo gery het, behoort aan hom. Wrakstukke van die motor is op die toneel gevind, wat ook daartoe gelei het dat sy opgespoor is.

Na verneem word, is hul luukse huis nie baie ver van die ongelukstoneel af nie.

Die polisie het vroeër gesê DNS-monsters is ook op die motor gevind. Die motor se neus en ligte was erg beskadig en daar was bloed op.

* Die polisie sê Alinah en haar man was op pad terug van ’n kuierplek in die omgewing toe die man moeg geword en langs die pad gaan lê en slaap het.

Alinah het aangestap en is toe deur die motor getref. Haar man het waarskynlik later verby haar lyk gestap sonder om te besef wat gebeur het.

Lede van die militêre polisie het glo daarop afgekom en die polisie laat weet.

* Alinah en haar man, saam met wie sy Saterdag voor haar dood gekuier het, bly op die erf waar Mans en haar vriend, Dennis Casten, gebly het. Mans se lyk is op 13 Junie op Casten se erf gevind.

Alinah se dood kom sowat drie maande ná die raaiselagtige verdwyning van Mans vir wie sy as huiswerker gewerk het.

Sy was een van die laaste mense wat Mans op 31 Mei gesien het toe dié haar by ’n kerk in die stad afgelaai het.

Mans het daardie dag spoorloos verdwyn en is waarskynlik dieselfde dag vermoor. Niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Verhoor  |  Tref-En-Trap-Ongeluk  |  Huiswerker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.