Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hof ná stadion van R6 m. nooit opgerig is

Die uitvoerende hoof van ’n Oos-Kaapse maatskappy het Dinsdag in die handelshof in Mthatha verskyn op aanklagte van bedrog van meer as R6 miljoen.

Die staat beweer Gcisakazi Mdlulwa (40) het as uitvoerende hoof van die maatskappy Melting Point op 2 Februarie 2017 ’n vergadering met afgevaardigdes van Wild Coast Sun Mbizana Development Trust gehad.

Op dié vergadering het die beskuldigde met voorstelle vorendag gekom om die gasheer te wees vir die voorgestelde O.R. Tambo-eeufeesviering wat vir Oktober 2017 beplan is.

Melting Point het ’n vennootskap met die trust voorgestel, waarby die trust die geld sou verskaf vir die oprigting van ’n struktuur vir ’n stadion, genaamd die Dome, in Mbizana, waar die feesvieringe aangebied sou word.

Nog voorstelle oor hoe die Dome ’n aanwins vir die trust gaan wees en hoe dit tot voordeel van die gemeenskap benut kan word, is aan die trust gemaak.

Volgens ’n verklaring van die Valke het Mdlulwa aan die trust gesê sy sou hulle help om geld by die Nasionale Lotery-kommissie vir die projek te kry.

Die aansoek is goedgekeur en die geld is in die trust se rekening gedeponeer.

Hierna het Melting Point glo ’n faktuur van R6,3 miljoen aan die trust gegee vir die oprigting van die Dome.

Hoewel die geld aan die Melting Point oorbetaal is, het die bouwerk nooit plaasgevind nie.

Mdlulwa is op 3 Junie in hegtenis geneem ná ’n uitgebreide ondersoek deur die Valke.

Sy is Dinsdag ná ’n vlugtige verskyning in die hof op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 27 Julie uitgestel.

Meer oor:  Mthatha  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.