Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hof ná sy glo verkeersman k-woord toesnou

“Die k-woord is haatspraak.”

Dit was Dinsdag die woorde van eerw. Chris Nissen van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) nadat ’n vrou van Kuilsrivier Maandag op aanklag van crimen injuria in die landdroshof in Blue Downs verskyn het.

Sherna Michael-Dreyer
Sherna Michael-Chinnia

Sherna Michael-Chinnia (34) is aangekla omdat sy Saterdag tydens ’n roetine-verkeersoperasie op die N2 buite Somerset-Wes afgetrek is en ’n verkeersbeampte verbonde aan die provinsiale verkeersafdeling na bewering dié gewraakte woord toegesnou het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het Sondag gesê sy is in hegtenis geneem nadat sy die beampte die woord toegesnou het én omdat sy haar teen inhegtenisneming verset het.

Michael-Chinnia het die naweek in die polisieselle deurgebring.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het Dinsdag gesê die vrou gaan ook aangekla word omdat sy haar teen inhegtenisneming verset het.

Nissen sê dat die klaer nog nie met die MRK in verbinding was nie. “Die verkeersbeampte kan self ’n klag indien, of ons kan die nodige inligting by hom of haar probeer kry. Ons is nou daarmee besig.”

Nissen sê wanneer die k-woord na bewering gebruik is, sal die saak, hoewel dit reeds in die hof is, na die gelykheidshof verwys word.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 6 Desember uitgestel.

* Netwerk24 het Michael-Chinnia vir kommentaar genader. Sy het gevra dat sy na twee minute teruggebel word, maar het daarna nie haar foon beantwoord nie.

Meer oor:  Sherna Michaels  |  Crimen Injuria  |  Verkeersbeampte  |  Hof  |  K-Woord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.