Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hof ná tref-en-trap-ongeluk

’n Sekretaresse van Bloemfontein wat op die vlug was nadat sy glo ’n voormalige ANC-jeugleier buite ’n kuierplek doodgery het, het Maandagmiddag in die landdroshof verskyn.

Novelakhe Liesbeth Smith het op aanklag van strafbare manslag verskyn nadat sy Ndleleni Donvulo (41), ’n sakeman en voormalige jeugleier van die ANC in die Motheo-distrik, op 27 Oktober in die vroeë oggendure moontlik vir iemand anders aangesien en met haar motor omgery het.

Daar word beweer dat Smith ná ’n rusie in die Ekhayeni Pub and Grill in Pitso-straat, Bochabela, met haar Ford Fiesta op Donvulo afgepeil het.

Na bewering het Donvulo soos een van die mans gelyk met wie sy in ’n rusie betrokke was.

Smith het glo van die ongelukstoneel weggejaag, waarna sy in ’n ander ongeluk betrokke was en beseer is.

Sy was sedert die ongeluk ’n voortvlugtige.

Sy het haar Maandagoggend aan die polisie oorgegee en het met verbande aan haar gesig in die hofsaal vol ANC-lede verskyn.

Sy bly in aanhouding tot haar volgende hofverskyning.

Meer oor:  Anc  |  Bloemfontein  |  Ongeluk  |  Tref-En-Trap  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.