Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou in hof oor onwettige lisensies vir voertuie
Elton Abrahams (33) is op 13 November 2016 by sy huis in Belhar, Kaapstad, aangekeer, waar R3,7 miljoen kontant in die huis ontdek is. Hy en twee ander mense word aangekla van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery weens hul beweerde betrokkenheid by die uitreik van onwettige voertuiglisensies in die Wes-Kaap. Foto: SAPD
Bronwyn Davids (29) het Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn nadat sy deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid weens haar beweerde deelname aan ’n onwettige voertuiglisensie- en polisiegoedkeuringskema in hegtenis geneem is. Sy sal op 16 Februarie saam met Elton Abrahams (33) en Thembile Daphula (47) weer op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery verskyn. Foto: Peter Abrahams
Thembile Daphula (links), van De Aar, tydens ’n vorige hofverskyning in Bellville, Kaapstad, op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery. Foto: Peter Abrahams
Elton Abrahams (regs) staan saam met sy prokureur buite die hof in Bellville, Kaapstad, waar hy op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery verskyn het. Hy is in November verlede jaar in sy huis in Belhar aangekeer met R3,7 miljoen kontant wat in die huis gevind is. Foto: Peter Abrahams

’n Vrou het Donderdag in die landdroshof in Bellville verskyn in verband met die uitreik van onwettige voertuiglisensies in die Wes-Kaap.

Intussen tel die ondersoek “momentum op” en kan die Valke nie die moontlikheid uitsluit dat nog mense aangekeer gaan word nie, sê kapt. Lloyd Ramovha, Valke-woordvoerder.

Bronwyn Davids (29) het in die hof verskyn nadat sy deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid weens haar “beweerde deelname aan ’n onwettige voertuiglisensie- en polisiegoedkeuringskema” in hegtenis geneem is.

Sy sal op 16 Februarie weer in die hof verskyn saam met Elton Abrahams (33), met wie sy glo in ’n verhouding is, en Thembile Daphula (47) op aanklag van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Abrahams is op 13 November 2016 by sy huis in Belhar, Kaapstad, aangekeer, waar R3,7 miljoen kontant in die huis ontdek is.

Die Valke het Vrydag gesê daar is beslag gelê op die kontant en bewysstukke toe Abrahams in hegtenis geneem is.

Daarna is Daphula verlede jaar op 30 November in De Aar vasgetrek in verband met beweerde knoeiery met voertuiglisensies.

Abrahams is in Desember op borgtog van R30 000 en Daphula is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

In Desember is berig dat Abrahams na bewering betrokke is by ’n sindikaat wat mense by verkeerskantore en padwaardigheidsentrums werf en glo onwettige padwaardigheidsertifikate aan voertuie uitgereik het.

Meer oor:  Bellville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.