Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Groblersdal-moord: 'Vriendin' kry borgtog

Die jong vrou wat weens die moord op Raymond Papapavlou (28) ’n plaasvoorman van Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem is, is Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Patricia Ray Lee Smith (23) was nie self in die hof toe haar regspan om borgtog aansoek gedoen het nie.

Regter Matsaro Semenya het Smith op R5 000 borgtog vrygelaat.

Dit was nadat landdros Bogi Mashele op 9 November in die landdroshof op Groblersdal gelas het dat daar nie buitengewone omstandighede is waarom Smith op borgtog vrygelaat moet word nie.

Patricia Ray Lee Smith (23) in die landdroshof in Groblersdal. Foto: Isabel Venter

Martin Smith, Patricia se pa, het Vrydag in Polokwane gesê hy is verlig dat sy dogter op borgtog vrygelaat is.

“Sy is nou al ’n maand in aanhouding. Sy het nog nooit iets verkeerd gedoen nie. Ek het haar grootgemaak om wetsgehoorsaam te wees," het Smith gesê.

Smith staan tereg op 'n aanklagte van moord.

Hy is op 4 Oktober omstreeks middernag vyf keer geskiet waar hy op sy bed in die plaashuis tussen Groblersdal en Stoffberg gelê en slaap het.

Simone en Raymond Papapavlou. Foto: Facebook/RaymondPapz

Sy vrou, Simone, het aan die polisie gesê dat sy op ’n bank in die aangrensende woonkamer van die plaashuis aan die slaap geraak het.

Simone het aan die polisie gesê sy het ’n vuurwapen by haar gehad en het skote geskiet op die “aanvaller(s)”. Niks is uit die huis gesteel nie. Simone is ook nie beseer nie.

Die egpaar was sowat twee jaar getroud.

Raymond Papapavlou (28) is in Oktober op 'n plaas buite Groblersdal in Limpopo doodgeskiet.

Sers. Tshepo Mogano, ondersoekbeampte, het tydens Smith se borgtogaansoek in die landdroshof in Groblersdal getuig Smith het glo saam met Simone Papapavlou die moord op Raymond beplan, berig Isabel Venter.

Luidens die voorlopige klagstaat sou Smith glo op 4 Oktober, “onwettig en doelbewus saam met Simone Papapavlou gesweer het, om óf hulp te verleen óf te bekom in die uitvoering van ’n oortreding om Raymond Papapavlou onwettig en doelbewus te vermoor”.

Smith en Simone was glo in ’n baie intieme verhouding.

Simone is nie in hegtenis geneem nie. Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die ondersoek na Papapavlou se moord is nog nie afgehandel nie.

Luidens Mogano se getuienis tydens die borgtogaansoek in die landdroshof in Groblersdal, het Smith en Simone glo die moord op Raymond op WhatsApp beplan.

Smith is 27 Oktober in Kempton Park deur die polisie met die samewerking van oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke (BMO) in hegtenis geneem.

Sy moet Woensdag weer in die landdroshof in Groblersdal verskyn.

Meer oor:  Patricia Ray Lee Smith  |  Raymond Papapavlou  |  Groblersdal-Moord  |  Moord  |  Hof  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.