SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Vrou nie medepligtig aan Gariepdam-moord

’n Vrou wat deur haar vriend daarvan beskuldig is dat sy die hoofrol in die moord op ’n bejaarde man van Gariepdam gespeel het, is in die rondgaande hooggeregshof in Bethulie in die Vrystaat vrygespreek.

Hans van Biljon Foto: Verskaf

Regter Mojalefa Rampai het Millicent Rouls (26) onskuldig bevind aan die moord op Hans van Biljon (90) van Swaelstraat, Gariepdam. Van Biljon was die oudste man op dié dorp toe hy op 11 Julie 2017 by sy huis vermoor is.

Sy het skuld op die aanklag ontken.

Kirwan Delton William Brown (31), haar vriend, het vroeër op dieselfde aanklagte skuld beken en is tot 32 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy effektief 18 jaar moet uitdien.

Hy is op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Rouls se weergawe, wat deur die hof aanvaar is, was dat sy nie eens daar was toe Brown vir Van Biljon met ’n yster teen die kop geslaan en sy hakskeensenings afgesny is sodat hy nie kon gaan hulp soek nie.

Sy is van Van Biljon se huis na ’n vriendin toe terwyl Brown agtergebly het om Van Biljon te probeer help om sy motor te herstel.

Toe sy terugkom het, het Van Biljon reeds voor ’n seilstruktuur by die agterkant van die huis gelê. Toe sy uitvra, het Brown haar huis toe gejaag. Hy het eers later die aand met geld en drank daar aangekom.

Brown het in sy skuldbekentenis gesê dit is Rouls wat Van Biljon met ’n yster teen die kop geslaan het. Hy het Van Biljon se een hakskeensening op haar aandrang afgesny en sy die ander een, het hy beweer.

Meer oor:  Gariepdam  |  Bejaarde Man  |  Onskuldig  |  Moord  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.