Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou nie vervolg wat maan oor ‘Uber-masturbeerder’
Foto ter illustrasie.

’n Vrou van Gordonsbaai wat op Facebook beweer het dat haar 20-jarige vriendin se Uber-bestuurder voor dié vriendin gemasturbeer het, gaan nie vervolg word nie.

Die Uber-bestuurder het die plasing gesien en beweer sy het hom belaster omdat sy ’n foto van hom geplaas het en gesê het hy het voor sy passasier, haar vriendin, gemasturbeer. Hy het toe ’n lastersaak by die Gordonsbaai-polisie aanhangig gemaak.

LEES OOK: Uber-man wat glo masturbeer, aangekeer, dien sélf klag in

Die staatsaanklaer in die lastersaak het egter die vrou se verklaring oor haar Facebook-plasing gelees en besluit om haar nie te vervolg nie.

“Die ondersoekbeampte het my gebel en my in kennis gestel van die staatsaanklaer se besluit,” sê die vrou, wat vir haar eie veiligheid anoniem wil bly.

Ek is uiters verlig en dankbaar sy lastersaak teen my is uitgegooi.

Die Uber-bestuurder het intussen in die landdroshof in die Strand verskyn op aanklag van onbetaamlike ontbloting. Sy naam word weerhou totdat hy gepleit het omdat die klag van ’n seksuele aard is.

“Ek is uiters verlig en dankbaar sy lastersaak teen my is uitgegooi,” sê die vrou. “Ek hoop dat geregtigheid in die saak teen hom sal geskied. Dit het my baie geleer in terme van die wet en sosiale media.”

Die vrou se vriendin het vroeër vandeesmaand ’n Uber-rit geneem van haar gimnasium in die Strand na haar huis in Gordonsbaai toe die Uber-bestuurder glo onophoudelik na haar gestaar en homself gevryf het.

Sy het oorweeg om by die voertuig uit te spring uit vrees dat hy haar gaan verkrag.

Hy het haar voor haar huis afgelaai en weggejaag toe haar kêrel buite in die straat staan en wag. Die 20-jarige vrou het gesê die man het nooit aan haar geraak nie, maar die voorval het haar getraumatiseer. Sy het dit toe by die polisie in die Strand aangemeld.

Ek glo wel dat die publiek mekaar moet kan waarsku wanneer daar sake is wat letterlik lewe of dood kan beteken, sonder om bekommerd te wees oor die moontlike wetlike gevolge.

Sy het ook haar vriendin vertel wat gebeur het, wat toe die plasing op Facebook gemaak het om mense “teen die man te waarsku”.

“My gedagtegang was dat ek die publiek moet waarsku, alle ander logika het my ontgaan,” vertel die vrou. “Ek en my seun ly steeds aan posttraumatiese stres ná ’n gewapende rooftog, so wat met my vriendin gebeur het, het my regtig ontstel,” sê sy.

“Ek glo wel dat die publiek mekaar moet kan waarsku wanneer daar sake is wat letterlik lewe of dood kan beteken, sonder om bekommerd te wees oor die moontlike wetlike gevolge.

“As ek geweet het watter spanning ek weens daardie plasing op Facebook sou moes verduur, sou ek dit waarskynlik nie gedoen het nie,” sê sy.

Meer oor:  Gordonsbaai  |  Uber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.