Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wiers al dood toe paramedici op toneel kom, hoor hof

Tanya Wiers (44) was reeds dood toe nooddienswerkers op die dag van haar moord by die gesin se ruim huis in Eduanpark, Polokwane, opgedaag het.

Maria Botha, ’n senior paramedikus van ER24, het Maandag in die hooggeregshof in Polokwane getuig dat Wiers geen polsslag gehad het nie.

Tanya Wiers (44) is in Februarie 2017 in haar huis in Polokwane vermoor. Foto: Verskaf

“Daar was ook geen beweging, reaksie of asemhaling nie. Sy was reeds dood.”

Die nooddiens het op 7 Februarie 2017 om 14:40 by Loganstraat 105 in Eduanpark opgedaag.

Botha het getuig Wiers het etlike steekwonde oor haar lyf opgedoen. Sy het op haar regtersy op die vloer van haar jongste dogter se slaapkamer gelê. Haar linkerarm was bo-oor haar gesig gevou.

“Haar gesig was vol bloed. Ek kon nie na haar pupille kyk nie, want haar oë was uitgekerf,” het Botha getuig.

Frans Maela (28) staan tereg weens die moord op Wiers. Hy was die tuinier van die Wiers-gesin se bure. Hy is ook aangekla van verkragting en roof met verswarende omstandighede.

Hy ontken skuld.

Rolf Wiers jr. (18) het verlede week getuig hoe hy op sy ma se halfnaakte lyk in die huis afgekom het toe hy van die skool by die huis aangekom het.

Adv. David Sebelebele, staatsaanklaer, het aangedui dat die staatspatoloog Maandagmiddag gaan getuig.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Frans Maela  |  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.