Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou skiet haar slapende man ná stryery oor kos

Die bohaai wat ’n dronk pastoor opgeskop het omdat sy vrou nie vir hom kos gemaak het nie, was die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het.

Toe skiet sy hom deur die kop terwyl hy sy roes afslaap.

Deketseng Jeanette Motsoeneng (28) van Deneysville het in die rondgaande hooggeregshof in Parys beken dat sy Isaac Bolo vermoor het.

Waarnemende regter Henriëtte Murray het haar in ’n vonnisooreenkoms met die staat vir nege jaar tronk toe gestuur.

Sy is ook daaraan skuldig bevind dat sy ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in haar besit gehad het. Sy sal die vyf jaar en nege maande tronkstraf daarvoor gelyklopend met die nege jaar uitdien.

Motsoeneng sê in haar pleitverduideliking toe haar man op 3 Maart vanjaar by die huis aankom, was hy dronk. Hy het met haar begin stry en was steeds kwaad omdat sy nie die vorige dag vir hom gekook het nie.

Hy het haar gevloek en rondgestamp.

Toe gaan slaap hy.

“Dit was toe dat ek op die ingewing van die oomblik besluit om sy vuurwapen te gaan haal.

“Ek het dit uit die kluis gehaal, na hom gegaan en hom een keer in die kop geskiet. Dit was my bedoeling om hom dood te maak.”

Sy het toe alarm gemaak en is in hegtenis geneem.

Ter versagting het sy gesê haar huwelik is feitlik elke dag deur skeltaal gekenmerk.

Haar man het haar vertel dat hy verhoudings met ander vroue gehad het en het haar ook van buite-egtelike verhoudings beskuldig.

Hy het geld van haar weerhou as sy nie gedoen het wat hy beveel het nie. Hy het haar ook verbied om vriende te hê of met ander mense te meng.

Hy het ook gedreig om haar en haar twee kinders dood te maak.

Adv. Moseme Lencoe het aangekla. Peter van der Merwe van Regshulp SA het vir Motsoeneng opgetree.

Meer oor:  Parys  |  Deneysville  |  Stryery  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.