Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou skuldig ná sy mense uit selfoonwinkel trou

’n Vrou wat onwettig huwelike vanuit ’n selfoonwinkel in Port Elizabeth gefasiliteer het, is op twee aanklagte van bedrog en vier van korrupsie skuldig bevind.

Die handelshof in die stad het Nomabandla Manjezi (47) Dinsdag skuldig bevind nadat die staat bewys het dat sy op twee geleenthede huweliksertifikate aan lokvinke van die polisie verkoop het.

Die polisielede het hulle in September 2016 as twee paartjies voorgedoen wat onwettig wou trou. Die paartjies het elk sowat R4 500 vir die huweliksertifikate betaal, wat aandui hulle het in Johannesburg getrou het.

Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê hoewel Manjezi nie ingevolge die Huwelikswet as huweliksbeampte geregistreer is nie, asook nie werksaam is by die departement van binnelandse sake nie, is die polisielokvinke se huwelike wel amptelik op die stelsel van die departement van binnelandse sake geregistreer.

Verdere ondersoek hieroor duur voort.

Lt.kol. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, sê in ’n verklaring die ondersoek spruit uit inligting wat in 2016 deur immigrasiebeamptes verskaf is oor bedrieglike huweliksertifikate wat tussen Suid-Afrikaanse vroue en buitelandse burgers uitgereik is.

Die Valke se ondersoek het verder onthul dat die beskuldigde ook jong vroue van Port Elizabeth, veral van New Brighton, KwaZakele en Zwide, tussen R200 en R300 betaal het om met Bangladesjiese burgers te trou, terwyl sommige plaaslike vroue onwetend as getroud met buitelanders geregistreer is.

Ná ’n klopjag en ’n uitgebreide ondersoek is Manjezi saam met haar medebeskuldigde, Abu Bokar (46), in Maart 2017 by hul selfoonwinkel in Noordeinde aangekeer. Dokumente wat die twee verder met die slenter verbind het, is by hul huis in New Brighton gevind en gekonfiskeer.

Bokar het reeds in Augustus 2018 op twee aanklagte van bedrog skuld beken. Hy is vyf jaar gevangenisstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is.

Manjezi sal haar lot op 18 Februarie aanhoor.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Onwettig  |  Selfoonwinkel  |  Huwelike
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.