Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou tronk toe oor agterstallige betalings

’n Gewese ontvangsdame wat R350 989 van Electro Diesel in Bloemfontein gesteel het, is vir agt jaar tronk toe gestuur nadat sy agterstallig met haar terugbetalings geraak het.

Cornelia Aletta van der Westhuizen (34) was in trane nadat streeklanddros M. Daya haar tronk toe gestuur het omdat sy nie die vasgestelde bedrae volgens haar pleitooreenkoms betaal het nie. Sy sou die bedrag wat sy gesteel het, aan haar werkgewer terugbetaal.

Cornelia Aletta van der Westhuizen sit in die beskuldigdebank van die streekhof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Van der Westhuizen moes R5 000 per maand oor 72 maande aan Johan Strydom betaal nadat sy in Oktober op 29 aanklagte van diefstal gevonnis is.

Sy het net vier paaiemente tot einde Februarie betaal.

Daya het die opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf in werking gestel omdat sy nie die voorwaardes van die opskorting van haar tronkstraf nagekom het nie.

Van der Westhuizen het vroeër beken dat sy geld van kliënte ontvang het en die grootste deel van die geld vir haarself gehou het.

Die misdrywe is tussen 27 Maart en 30 September 2015 gepleeg.

Rinah Tshite het vir die staat opgetree.

Ao. Adolf Jonker was die ondersoekbeampte.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.