Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou tydens ‘intense seks’ verwurg getuig patoloog

Die noodlottige beserings wat ’n fyngeboude regstudent gedurende ’n nag van dwelms en “intense seks” met haar kêrel by ’n

rave-party op ’n Bolandse landgoed opgedoen het, is “met krag” toegedien, het ’n patoloog die afgelope week in die hooggeregshof in Kaapstad getuig.

Taariq Phillips en Sharisha Chauchan

Sharisha Chauhan (21) is op Oujaarsnag 2013 dood nadat sy ná ure se dans en seks in ’n tent by die Le Bac-landgoed in die Paarl ’n soort toeval gehad het.

Die 24-jarige Taariq Phillips staan in die hooggeregshof tereg op aanklagte van moord en verkragting. Hy erken hy het haar tydens ’n sessie van “intense seks” aan die keel gegryp, maar ontken dat hy haar verwurg het. Hy sê sy is aan ’n oordosis dwelms dood.

Volgens Pallo Manuel, wat in ’n tent langs Phillips en Chauhan was, het hy die nag “hygende geluide” gehoor “soos mense wat seks het”.

Chauhan het kort daarna ’n soort epileptiese aanval gehad. Manuel en paramedici het probeer help, maar sy is die volgende aand in die Paarl-hospitaal dood.

Taariq Phillips (24) met gebedskrale om die nek buite die hooggeregshof in Kaapstad.

Dr. Deidre Abrahams, patoloog, het getuig Chauhan se geslagsdele was “erg beseer” en sy het kneusplekke oor haar liggaam gehad. Daar was swelling en kneusing aan haar brein.

Adv. Joey Moses, vir die verdediging, sê egter hulle sal ’n deskundige roep om Abrahams se opinie te weerlê.

Abrahams sê daar was geen dwelms in die oorledene se bloed nie. Daar was beserings aan die binnekant van haar lippe en mond, asof “taamlik erge druk” op die mond van die oorledene uitgeoefen is.

Die verdediging voer aan dié kneusings is veroorsaak deur die asemhalingstoestel wat die paramedici gebruik het toe hulle haar behandel het, maar Abrahams betwis dit.

Die saak word môre hervat.

Meer oor:  Moord  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.