Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou van 2de man wat in Senekal vasgetrek is, praat

Die vrou van die tweede man wat in hegtenis geneem is weens die voorval op 6 Oktober toe 'n groep mans die landdroshof in Senekal bestorm het, sê sy kon hom Saterdagoggend vir die eerste keer sien sedert sy inhegtenisneming. 

senekal, boere
Senekal, Dinsdag 6 Oktober. Skermgreep

“My man is Vrydagmiddag in hegtenis geneem nadat die polisie hom gebel het om ’n verklaring te gaan aflê.

“Hulle het my later gebel om te sê dat hy in hegtenis geneem is. Hy is nou in die tronk in Hennenman. Sy prokureur kon hom ook eers vanoggend (Saterdagoggend) besoek.”

Die 33-jarige sakeman is die pa van jong kinders. Sy naam word weerhou totdat hy in die hof verskyn het. 

Sy vrou sê dit lyk of die klag teen haar man dieselfde gaan wees as dié teen André Pienaar (51) van Senekal wat steeds in aanhouding is.

Die Vrystaatse boer André Pienaar, wat steeds agter tralies is. Foto: Mlungisi Louw

Die polisie beweer Pienaar en ander mense het die landdroskantoor bestorm waar die vermeende moordenaars van Brendin Horner (22), ’n plaasvoorman van Paul Roux, die eerste keer op 6 Oktober verskyn het.

Pienaar word van poging tot moord, aanhitsing tot geweld en openbare geweldpleging aangekla. Op die klagstaat staan ook 'n klag van terrorisme. Die staat het egter 'n sertifikaat van die nasionale direkteur van openbare vervolging nodig vir so 'n klag. Hulle sou wel met die klag kon voortgaan indien so sertifikaat bekom word.

Borgtog vir sy vrylating is later in die landdroshof in Senekal geweier.

’n Appèlsaak vir borgtog is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor.

Regter Celéste Reinders sal Maandag uitspraak lewer.

Adv. Jacques Potgieter, namens Pienaar, het vroeër die bevinding van landdros Buti Mlangeni gekritiseer en gesê die landdros het die bevinding van skuld op blote bespiegelings gemaak.

Brig. Vish Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig die tweede man sal Maandag in die landdroshof op Senekal verskyn.

Naidoo sê hy word aangekla van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord, maar nie terrorisme nie.

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is. 

Meer oor:  Senekal  |  André Pienaar  |  Brendin Horner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.