Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrou wat glo jok oor verkragting in hof

’n Vrou van George in die Suid-Kaap wat beweer het sy is verkrag deur vier mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn.

Retha Horn (51) word aangekla van regsverydeling, meineed en bedrog, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.

Horn het beweer sy is op 22 September vanjaar naby Hoogekraal by Glentana verkrag.

Sy het gesê sy is omstreeks 19:00 op die R102 deur die mans van die pad afgetrek. Hulle het haar aangehou en verkrag. Hulle het na bewering klapmusse gedra en was in polisieuniform geklee. Sy was glo van Glentana na George onderweg.

Volgens Pojie het ’n polisieondersoek goeie bewyse gevind dat die voorval nooit plaasgevind het nie. Hy wou nie verder uitwei oor die getuienis nie, maar het wel gesê dit sluit beeldmateriaal in.

Horn is verlede Vrydag in George in hegtenis geneem en is verlede Sondag op ’n spesiale hofsitting op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Sy het Maandag weer in die hof verskyn en die saak is tot 18 Januarie uitgestel, sê Pojie.

Meer oor:  Retha Horn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.