Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vrystaat-onnie ‘teleurgesteld’ oor aanvaller se vonnis

“Ek is teleurgesteld in die regstelsel. Ek weet hy is ’n tiener, maar steeds . . . Sy straf is absoluut absurd.”

So sê Karin Coetzee, onderwyseres van Edenburg in die Vrystaat, nadat ’n oudleerling van haar Woensdag in die streekhof in Bloemfontein tot tronkstraf van twee jaar gevonnis is. Hy het haar verlede jaar herhaaldelik met ’n jagmes in haar huis op die dorp gesteek.

Karin Coetzee. Foto: Deon Raath

Die oudleerling moet die vonnis in ’n jeugsentrum in Qwaqwa uitdien.

Coetzee, wat sedert die aanval in Oktober verlede jaar op ongeskiktheidsverlof geplaas is, is herhaaldelik gesteek toe die 15-jarige aanvaller by haar huis ingeglip het.

Sy en Neline Jacobs, ’n vriendin, het gaan ondersoek instel nadat ’n voertuig se alarm afgegaan het. Toe hulle weer die huis ingaan, het hy reeds by Coetzee se driejarige dogtertjie in die kombuis gestaan en ’n jagmes teen haar wang gehou.

Hy het die meisie laat gaan en Coetzee herhaaldelik met die mes gesteek. Sy het steekwonde aan haar wang, neus, bolip, kop, nek en hande opgedoen. Die snye aan haar neus en bolip was tot aan die binnekant van haar mond.

Haar eenjarige seun het onder ’n bank in die televisiekamer weggekruip terwyl haar dogtertjie en Jacobs in ’n kamer toegesluit is.

Die aanvaller het ná die tyd gevlug en is kort daarna langs die N1-snelweg in hegtenis geneem waar hy geryloop het.

Die motief vir die aanval is steeds nie bekend nie.

Coetzee voel die maksimum vonnis van vyf jaar is beter as die vonnis wat hy opgelê is. Sy sê sy leef in vrees vir haar en haar kinders se veiligheid.

“Ek en my kinders is nog erg getraumatiseer. Hulle wil steeds weet wanneer die lelike, stout oom met die mes gaan terugkom.”

Sy sê wat dinge nog erger maak, is dat sy enkele dae nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, genoodsaak was om ’n beskermingsbevel teen haar aanvaller se pa te bekom.

“Hy het gesê hy gaan kom klaarmaak wat sy seun begin het.”

Meer oor:  Karin Coetzee  |  Edenburg  |  Mesaanval  |  Onderwyseres  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.