Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vuurwapen: Oud-polisielid mag nie appelleer

Die aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis deur ’n oud-polisiekonstabel wat tronkstraf opgelê is nadat hy sy dienspistool aan ’n berugte bendelid gegee het, is van die hand gewys.

Walter Francis is tronkstraf van ses jaar vir strafbare manslag opgelê. Foto: Argief

Walter Francis (32) is in Oktober vanjaar op ’n aanklag van strafbare manslag tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Jannie Eksteen het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth beslis daar is geen redelike vooruitsig dat sy appèl in ’n ander hof kan slaag nie.

Sy dienspistool is in ’n sluipmoord op Denton Rademeyer, ’n bendelid, gebruik.

Rademeyer (23) is op 26 Oktober 2014 voor ’n huiswinkel in Bethelsdorp met Francis se dienspistool doodgeskiet.

Francis het die vorige aand die pistool met twee magasyne en ammunisie aan Shane Potberg gegee en hom glo gevra om dit in sy huis te bêre terwyl hy ’n vriend hospitaal toe neem.

Potberg is ook intussen dood.

Francis se regsverteenwoordiger, adv. Terry Price, het gesê sy kliënt het sy vuurwapen in Potberg se sorg gelos terwyl hy sy vriend hospitaal toe geneem het.

Price het aan Eksteen gesê dat selfs ’n ervare regter soos hy ook met skuldigbevindings en vonnisopleggings foute kan begaan.

Price het ná afloop van Eksteen se beslissing aangedui dat hy hom tot die appèlhof in Bloemfontein gaan wend.

Met vonnisoplegging het Eksteen gesê Francis was ten tyde van die voorval ’n opgeleide polisielid met ’n plig om die gemeenskap teen gewelddadige misdade te beskerm. As ’n polisielid was hy deeglik bewus van die bendegeweld in die omgewing, asook dat hy sy vuurwapen in die besit van ’n bendelid (Potberg) laat.

Volgens Eksteen was Francis agterlosig en die feit dat hy die dag nadat hy sy wapen by Potberg gelos het, nie logiese stappe gedoen het om die wapen terug te kry nie, is afkeurenswaardig.

Adv. Jason Thysse het aangekla.

Meer oor:  Walter Francis  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.